Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika
eGGSA tak
As lid van eGGSA sal ek
1. te alle tye met integriteit optree;
2. die nodige erkenning verleen aan die intellektuele eiendom van andere;
3. die privaatheid van andere respekteer;
4. die vertroulikheid van informasie handhaaf;
5. volle verantwoordelikheid aanvaar vir enige genealogiese navorsing vir myself of andere;
6. nie persoonlike voordeel nastreef ten nadeel van die Genootskap nie en sal altyd poog om die Genootskap se beeld te bevorder;
7. my nie aan enige diskrimenrende praktyke tydens genealogiese aktiwiteite skuldig maak nie;
8. openbare begrip vir genealogie en die voordele daarvan bevorder.
| ||||