Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika
eGGSA tak
Genealogiese navorsing bied ons nie alleen die geleentheid om iets oor ons voorouers te wete te kom nie, maar ook oor ons kultuur en geskiedenis. Deur by eGGSA aan te sluit, word mens ook deel van die breëer genealogiese gemeenskap.
eGGSA lidmaatsakp het onder andere die volgende voordele:
Bly op hoogte van genealogiese ontwikkelings met die vier uitgawes van Familia, die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika(GGSA) se amptelike tydskrif, asook vier uitgawes van ons eie eGGSA nuusbrief, genesis
Knap jou navorsingskundigheid op met ons opvoedkundige hulpbronne
Bespaar by die eGGSA boekwinkel, waar verskeie CD produkte en ander publikasies teen kortings beskikbaar is
Jou aansoek kan op die Internet gedoen word en ook elektronies betaal word
Vir mense wat nie tans GGSA-lede is nie of nie by 'n GGSA-tak kan aansluit nie, bied hierdie die ideale geleentheid om deel van die GGSA te word.
GGSA lede kan ons webwinkel gebruik om fotos van dokumente in drie bewaarplekke van die Suid-Afrikaanse Argief Diens te bestel, dié van Bloemfontein, Pietermaritzburg, die Kaap en Pretoria teen 'n spesiale prys.
NB. Die Kaapse Argief Bewaarplek (KAB) het 'n verbod geplaas op die maak van kopieë van dokumente in hul besit. Die KAB bied self 'n kopiediens aan (afskrifte eerder as digitale fotos) Vanweë hierdie verbod kan ons gevolglik nie bestellings vir enige KAB dokumente aanvaar nie. Ons bied natuurlik steeds hierdie diens aan vir dokumente in die Bloemfontein, Pietermaritzburg en Pretoria Argiewe. Besoek gerus die gedeelte met algemene vrae en antwoorde (FAQ) vir meer inligting oor hierdie diens.
eGGSA is 'n onmisbare bron vir genealoë en familiehistorici wat op soek is na navorsingsleiding, publikasies en ook die geleentheid om met mense met soortgelyke belange kontak te maak en te gesels.
| ||||