Welkom in 'n nuwe Era!

Welkom by eGGSA - die virtuele tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA). Sluit by ons aan vir 'n opwindende genealogiese ervaring!

eGGSA, wat in 2004 gestig is, is die virtuele tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, en verskaf 'n virtuele tuiste vir alle vlakke van genealoë - van die beginner-navorser tot die mees gesoute familiehistorikus.

25 Augustus 2010 - GGSA 1984 Kieserslysprojek

Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika organiseer die transkripsie van die 1984 Suid-Afrikaanse Kieserslys (KSL) met die oog om dit in die toekoms te bemark. Vrywillige transkribeerders word geregistreer op die KSL poslys, wat hulle toegang gee tot al die voltooide transkripsies.

Die eGGSA tak het die uitdaging aanvaar om een van die alfabetiese letters te transkribeer, ons werk op al die vanne beginnende met die letter S. Die transkripsies word van foto's afgedoen en op 'n Excel spreivel ingevoer. Elke foto het 21 inskrywings en dit neem gemiddeld 15 tot 20 minute om te voltooi.

Die 1984 KSL verskaf waardevolle inligting vir al die geregistreerdes: name, vanne, nooiensvanne, beroepe, adres, geboorte datums en identiteitsnommers. Daar is meer as 3.4 miljoen mense op die register. Die inligting op die register is 'n waardevolle hulpbron vir genealoë; deurdat dit help om familielede te entifiseers, asook verwante individue.

Ons wil u graag uitnooi om deel te neem aan hierdie projek. Belangstellendes kan Alta Griffiths kontak by alta@pinnaclespot.co.za

16 Augustus 2010 - South African Commercial Advertiser uittreksels voltooi tot by 1854

Sue Mackay se mees onlangse transkripsies van die South African Commercial Advertiser 1854, is nou ook ingesluit in haar groot versameling van getranskribeerde uittreksels van vroeë Kaapse koerante, vanuit die oorspronklikes, wat gehuisves word in die Britse Nasionale Argief te Kew.

Die uittreksels het hoofsaaklik met items van persone te doen, soos hulle geboorte, huwelike en doods kennisgewings, asook ander interesante berigte, soos die verslae van Veldkornette oor families wat die Oos-Kaap in 1837 verlaat het om na die binneland te trek.

Hierdie transkripsies is in die Koerante afdeling van die eGGSA Biblioteek beskikbaar, met 'n soek fasiliteit om deur al hierdie koerant uittreksels te soek.

Ons hartlike dank word aan Sue oorgedra vir haar ontsaglike hoeveelheid tyd en moeite wat sy in gesit het, en nog steeds insit in hierdie baie waardevolle projek, en vir die beskikbaar stelling daarvan aan almal.

grafstene - Darling begraafplaas25 Mei 2010 - 200 000 Grafstene!

Die totale getal grafsteen foto's wat oplyn beskikbaar is in ons Grafstene in Suid-Afrika versameling oorskry nou 200 000.

Ons ontvang voordurend deur meer photos. Al die foto's word aanlyn gemerk deur 'n groep vrywilligers. Indien u sou belangstel om ons te help kontak asb vir Alta Griffiths by alta@pinnaclespot.co.za

27 April 2010 - Familia Onderwerp Indeks Opgedateer

Thys du Preez het die onderwerp indeks van Familia, die kwartaalblad van die Genealogiese Vereniging van Suid-Afrika, opgedateer - dit sluit nou alles van 1964 to 2009 in. Die saamgestelde uitgawe van Familia (op KS = CD) of individuele vorige kopië kan by die eGGSA se e-winkel of van die GSSA se Tesourier aangekoop word. Vir inligting hoe om by die Vereniging aan te sluit gaan na die Lidmaatskap V&A afdeling.

NUUT! Die Du Toits van Suid-Afrika

Hierdie nuwe publikasie, beide in gedrukte en CD formaat, bevat die familieregister van die Suid-Afrikaanse Du Toit-familie, uitgegee deur die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika. Alhoewel dit een van die bekendste en grootste families in Suid-Afrika is, was daar voorheen nog geen omvattende publikasie oor die Du Toits nie.

Gedurende 1989 het Alexis Charles Fuchs begin begin met die versameling van die Du Toit voorouers van sy moeder, Hester Susanna du Toit. Die informasie wat hy versamel het was so omvangryk, dat hy besluit het om 'n volledige Du Toit genealogie saam te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy en vele ander navorsers se harde werk.

Die gedrukte Du Toits van Suid-Afrika bestaan uit twee dele met 'n totaal van 2458 bladsye. Om plek te spaar bevat die boek geen illustrasies nie. Die boek is in hardeband met gestikte rugkant. Die inleiding en inhoudsopgawe kan by die volgende webbladsy afgelaai word: Inleiding tot Die Du Toits van Suid-Afrika

Bestellings word nou aanvaar vir die gedrukte weergawe. Die prys vir die volledige werk is R1300-00. Posgeld en verpakking is addisioneel, die bedrag hang van die ontvanger se adres af.

Vir bestellings en addisionele informasie kontak asb Hendrik Louw by die volgende e-posadres: secretary@ggsa.info

Die CD weergawe kan bestel word op die eGGSA se e-winkel teen R340-00 plus posgeld per CD

Dokumentbestellingsdiens

Ons kan bestellings vir dokument fotos uit die Argiewe by Pretoria(TAB), Bloemfontein(VAB), Pietermaritzburg(NAB) en Durban(TBD) onderneem.

Lees assebelief ons Hulpblad vir meer inligting.

GGSA bedien sy lede deur:

  • Die ontwikkeling van genealogiese vaardighede deur die verskaffing van inligting, publikasies, navorsings-onderrig en ook deur skakelingsmoontlikhede.

  • Die daarstelling van skakels met verskeie groepe wereldwyd.

  • Die verhoging van publieke bewustheid van die navorsing oor en ontdekking van familiegeskiedenis.

  • Die bemarking van ons fassinerende genealogieveld.

  • Die aanbieding van 'n aantal projekte, gerig op die uitbreiding van die aanlyn beskikbaarheid, van Suid-Afrikaanse genealogiese bronne.

Jare lank is daar reeds mense wat om verskeie redes nie by 'n GGSA- tak kon aansluit nie. Van hierdie redes sluit in dat hulle te ver van 'n tak woon of dat hulle buite Suid-Afrika woonagtig is. Tog het hierdie persone steeds die behoefte om aan 'n tak te behoort en ook in die voordele van GGSA-lidmaatskap te kan deel (voordele soos die ontvangs van GGSA se tydskrif Familia). eGGSA is gestig om aan hierdie behoeftes te voldoen.

eGGSA het 'n aanlyn-winkel waar verskeie van die GGSA se publikasies sowel as 'n aantal ander genealogiese, geskiedkundige en kultuur-historiese publikasies aangekoop kan word.

Ons webblad bied nou ook indekse van die artikels in Familia (die kwartaallikse tydskrif van die GGSA) sowel as van die artikels in genesis (die eGGSA se eie kwartaallikse tydskrif).

Een van ons opwindende nuwe aanbiedinge is die Aflaaibiblioteek wat onlangs aangekondig is. Hierdie biblioteek bevat 'n aantal gratis aflaaibare boeke (in PDF formaat), 'n groot aantal dokumente uit die SA Argiewe sowel as fotos van grafstene in verskeie SA begraafplase. Al hierdie dokumente in geindekseer en kruisverwys.

Besoek gerus on voordelebladsy om te kyk hoekom jy 'n lid van eGGSA móét word!