2018 Algemene Jaarvergadering gesluit

Ons virtuele vergadering is nou gesluit. Baie dankie aan almal vir u deelname en ondersteuning.

Alle lede was uitgenooi om aan die vergadering deel te neem. Soos verduidelik in die e-pos gedateer xx Januarie 2018, het ons aanvaar dat die lede van wie ons nié gehoor het nie, tevrede is met beide die nominasies en die 2017 Jaarverslag.

Teenwoordigheid by die Vergadering
Lede wat eGGSA gekies het as hul primêre tak was geregtig om aan die AJV deel te neem. Ons e-pos stelsel het rekord gehou van die aantal e-poste wat uitgestuur, onafgelewer, aangestuur en onoopgemaak was. As virtuele tak gebruik ons hierdie getalle om die kworum te bepaal.

Die 2018-Bestuur bly dus onveranderd aangesien geen verdere nominasies ontvang was vir die bestuursposte nie. Bestaande nominasies was ook nie betwis nie.

Bestuurslede
Alta Griffiths - Voorsitter
Daan Hamman - Onder-Voorsitter
Carol Beneke - Tesourier
Lynn Couperthwaite - Lidmaatskapdienste, -kommunikasie en Bemarking
Richard Ball - Webmeester
Judi Meyer - Redakteur genesis

Addisionele lede
Annelie Els - Stamouers
Corney Keller - Nederlandse Transkripsies
Daan Botes - Poskaarte
Riana le Roux - Begraafplaasprojek

Baie geluk aan die bestuurspan, en dankie dat julle weer bereid is om nog ‘n jaar op die bestuur te dien. eGGSA Annual Report 2017, tesame met die finansiële state, sal aan Nasionaal gestuur word.

  • Hits: 2918