eGGSA - 2020 Algemene Jaarvergadering

Ons wil graag van die geleentheid gebruik maak om al ons lede voorspoed toe te wens vir 2020 en ons wil u bedank vir u voortgesette ondersteuning van die tak en GGSA.

Die GGSA se konstitusie vereis van ons om ‘n Algemene Jaarvergadering te hou. As virtuele tak, is hierdie vergadering onkonvensioneel en geskied via e-pos. Gelukkig maak die konstitusie voorsiening vir eGGSA se unieke posisie. Lynn Couperthwaite hou rekord van al die e-posse wat uitgestuur word wat as die kworum tel. Ons vergadering open 14 Februarie 2020 en sluit middernag Suid-Afrikaanse tyd 21 Februarie 2020.

Lede word uitgenooi om aan die vergadering deel te neem. As u enige punte wil bespreek, of voorstelle wil maak, kan u ons voor 22 Februarie 2020 kontak. Terugvoering en kommentaar moet aan Lynn by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. gestuur word. As ons nie van u lede hoor nie, gaan ons aanvaar dat u tevrede is met die punte hieronder. Hou asseblief in gedagte dat ons van u wil hoor.

Op ons agenda:-  1. Goedgekeurde Jaarverslag van 2019
                               2. Verkiesing van bestuurslede vir 2020

1, Ons  Jaarverslag vir 2019 kan op ons bladsy eGGSA Jaarverslagte vir aflaai gevind word. Dit gee ‘n oorsig van die takstruktuur, projekte en ander aktiwiteite. ‘n Kopie van die verslag sal ook aan die Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) gestuur word na afloop van die vergadering.

2. Verkiesing van bestuurslede vir 2020.  Soos gewoonlik moet ons die bestuurslede vir die komende jaar verkies – die bestuurspan is verantwoordelik vir die daaglikse aktiwiteite van die tak.

Geen nuwe nominasies was ontvang na die omsendbrief wat uitgestuur was op 4 Januarie 2020. Die bestaande bestuurspan het aangedui dat hulle beskikbaar is vir herverkiesing. Sou daar egter lede wees wat eerder self die posisies wil vul of ‘n ander lid wil voorstel, moet u ons asseblief voor 21 Februarie in kennis stel sodat ons ‘n stemming kan reël. Indien geen addisionele nominasies ontvang nie, aanvaar ons dat u instem met die span soos uiteengeset hieronder. Ons sal ook darem graag wil weet of u tevrede is met die nominasies en vra vir sekondante.

Huidige Bestuurslede:
• Alta Griffiths - Voorsitter
• Daan Hamman - Onder-Voorsitter
• Carol Beneke - Tesourier
• Lynn Couperthwaite - Lidmaatskapdienste, kommunikasie en bemarking
• Richard Ball - Webdienste
• Judi Meyer - genesis

Addisionele lede
• Annelie Els - Stamouers Redakteur
• Corney Keller - Transkripsies
• Daan Botes - Poskaarte
• Riana le Roux - Begraafplaasprojek

Baie dankie
Alta Griffiths
12 Februarie 2020

Druk