Capensis - te bestel by die e-winkel

1. Wat is Capensis?

2. Watter uitgawes is beskikbaar?

3. Wat is die koste?

4. In watter formaat is dit beskikbaar?

5. Hoe om te bestel

6. Is daar ‘n Capensis inhoudslys?

7. Wat gebeur wanneer ek my bestelling geplaas het?

8. Terme en Voorwaardes


1. Capensis is die kwartaallikse joernaal van die Genealogiese Vereniging van Suid-Afrika se Wes-Kaap Tak. Wanneer u inskryf as lid van die Vereniging of u lidmaatskap hernu, kan u ook inskryf vir die joernaal. (Sien ons aanlyn winkel se lidmaatskap inskrywings diens)

Individuele vorige uitgawes is nou in elektroniese formaat (Adobe Acrobat PDF) beskikbaar in ons  e-Winkel.

2. Slegs uitgawes wat van 2002 tot datum gepubliseer is, kan voorsien word. Geen uitgawes voor 2002 is beskikbaar nie.

3. Elke individuele aflaaibare kopie kos R20.00 ($4.00 of ander gelykwaardige geldeenheid).

4. Individuele kwartaallikse uitgawes word in Adobe Acrobat PDF formaat voorsien.

5. Dit word deur middel van ons aanlyn winkel diens op hierdie webblad bestel.

6. Vir inligting van individuele uitgawes laai af asseblief die Artikels in Capensis 1991 - 2011 (pdf formaat - 437 kb)

7. Sodra u die bestelling geplaas het sal die tersaaklike uitgawes, deur middel van e.pos, aan u gestuur word.

8. Terme en Voorwaardes: Alle inhoud van Capensis uitgawes is onderhewig aan Kopiereg van die Wes-Kaap Tak van die GSSA en die individuele outeurs.

  • Hits: 1761