Skip to main content

Duplikaat-inskrywings in Stellenbosse Huweliksregister: Waar lê die fout?

Deur Ockert Malan

In CAPENSIS is onlangs berig oor duplikaatregisters van Stellenbosse dope.(1) In die Stellenbosse huweliksregister, G2 7/2 (1788-1847) verskyn daar ook ‘n aantal sulke duplikaat-inskrywings.

Tabel 1:

Bls Datum  Naam Man Van Man Naam Vrou Van Vrou
2 16.11.1790 Roelof  Davel Sophia Margaretha Pas  
3 18.10.1790 Roelof  Davel Sophia Margareta Pas  
2 14.08.1791 Hendrik Daniel van Dijk Anna Christina Groenewald
4 12.07.1791 Hendrik Daniel van Dijk Anna Christina Groenewald
4 23.07.1791 Christiaan Lambertus Pas Elizabeth Margaretha Maree
5 21.08.1791 Christiaan Lambertus Pas Elisabeth Margaretha Maree
5 22.04.1792 Pieter  Malang Elzabe Reijnierse  
7 31.03.1792 Pieter  Malang Elsabe Reynierse  
9 16.02.1794 Gerhardus Johannes du Toit Johanna Adriana Otto
11 16.02.1794 Gerhardus Johannis du Toit Johanna Adriana Otto
9 11.05.1794 Petrus Johannes Schabort Susanna Johanna Bosman
12 11.05.1794 Petrus Johannes Schabort Susanna Johanna Bosman
9 01.06.1794 Hendrik Oostwald Uijsch Johanna Wihelmina Vlotman
12 01.06.1794 Hendrik Oostwald Uys Johanna Wihelmina Vlotman
9 08.06.1794 Andries Albertus Bruyns Johanna  Roos  
12 08.06.1794 Andries Albertus Bruijns Johanna  Roos  
9 23.11.1794 Cristiaan Ludolph Neethling Johanna Elisabeth de Villiers
13 23.11.1794 Christiaan Ludolph Neethling Johanna Elisabeth de Villiers

(Die bladsye in die oorspronklike register is nie genommer nie. Die bladsynommers in hierdie tabel word agtereenvolgens genommer vanaf 1 vir die linkerbladsy waarop die inskywings vir 1788 begin)

Bladsye 1 tot 10 is in die handskrif van Ds Meent Borcherds. Bladsye 11 tot 14 is in ‘n ander handskrif en in ‘n ander styl, terwyl Borcherds weer op bladsy 15 (1797) oorneem.

Al die bladsye in die volume G2 7/2 lyk stewig ingebind: daar is geen aanduiding van los bladsye of papiertjies wat dalk voorlopige aantekeninge vir die finale inskrywing sou kon wees nie. Dit is dus onverklaarbaar hoekom Borcherds se inskrywings vir hierdie tydperk so ongeordend is. Dit lyk nie of ‘n later huweliksdatum die betrokke egpaar aan sensuur sou blootstel nie.

Die Malan-egpaar was in elk geval in die moeilikheid met hul eersteling Daniël Wynand (~09.09.1792)!

Dat daar duplikasie sou wees tussen Borcherds se latere inskrywings en díe van ‘n ander (meer sistematiese) persoon, is minder eienaardig. Dit val op dat hierdie duplikate indenties is, afgesien van die (destyds algemene) verskille in spellings.

Dit is insiggewend om vas te stel hoe bostaande gegewens in CC de Villiers(2), de Villiers & Pama(3), SAG(4) en ander (aan my beskikbare) geslagsregisters opgeneem is. 

TABEL 2:

HUWELIK CCdeV deV&P SAG  
Davel/Pas geen datum geen datum geen datum
Van Dyk/Groenewald afwesig Stb 14.08 1791 Stb 14.08 1791
Pas/Maree 21.08.1791 Stb 21.08.1791 Stb 21.08.1791
Malan/Reynierse geen datum Stb 23.04.1792* Stb 23.04.1792*
Du Toit/Otto 16.02.1794 Stb Feb 1794 Stb 16.02.1794
Schabort/Bosman geen datum geen datum Stb 11.05.1794
Uys/Vlotman geen datum 01.06.1794 Stb 01.06.1794
Bruyns/Roos afwesig 08.05.1794* 08.05.1794*
Neethling/De Villiers 23.11.1794 Stb 23.11.1794 23.11.1794

* Vgl TABEL 1

Die Malan/Reynierse-huwelik word in die Malan-geslagsregister(5) aangegee as x Stellenbosch 22.04.1792 Die Du Toit/Otto-huwelik word in die Du Toit-geslagsregister(6) aangegee as x Stellenbosch 16.02.1794

Gevolgtrekking: Geen wonder nie dat Johannes van der Bijl van Stellenbosch gesê het: “Al wat ek kan waarborg oor my geslagsregisters is dat daar foute in sal wees.” (Wat natuurlik ook geld vir hierdie artikel!)

Verwysings:

(1) Ockert Malan, “Ou Stellenbosse Doopregisters”, CAPENSIS 1/2012, pp. 40-45.
(2) C C deVilliers, “Geslacht-register der Oude Kaapsche Familiën”, Kaapstad, 1893-1895.
(3) C C de Villiers & C Pama, “Geslagsregisters van die Ou Kaapse Families”, A A Balkema, Kaapstad/Amsterdam, 1966.
(4) J A Heese en andere, “Suid-Afrikaanse Genealogieë”, GISA, Stellenbosch, 1986-2008.
(5) Hercules Malan, D G Malan & J D Malan,“Die Malans van Suid-Afrika”, Bloemfontein, Oktober 1998.
(6) A C Fuchs, “Die du Toits van Suid-Afrika”, Pretoria, September 2009, ISBN 978-0-620-43868-1.

  • Hits: 17379