Skip to main content

Beleid oor die Beskerming van Privaatheid en Inligting

Die eGGSA respekteer die wette oor die beskerming van private inligting in daardie lande waar sodanige wetgewing bestaan.

Ten einde die bekerming van u persoonlike inligting te verseker, volg ons sekere prosedures m.b.t. die berging en beskikbaarstelling van inligting wat u aan ons gee en ons tref alle redelike voorsorgmaatreƫls om die ongemagtigde bekendmaking van u inligitng te verhoed.

Die inligting wat u aan ons verskaf word as vertroulik beskou en ons sal dit slegs gebruik m.b.t. u lidmaatskap van eGGSA en Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika(GGSA). Ons samel genoemde inligting slegs in waar u sodanige inligting verskaf, soos bv. waar u 'n produk van ons aankoop. Hierdie inligting mag u naam, van, adres, telefoonnommer, eposadres en u belangstellingsvelde in spesifieke goedere, produkte of vanne insluit. Indien u deur PayPal betaal vir enige van ons dienste of produkte, word u kredietkaartbesonderhede nie aan ons bekendgemaak nie aangesien dit deur Paypal enkodeer word met 'n hoĆ« enkripsie koderingstelsel.

Deur by eGGSA aan te sluit, verleen u u toestemming dat ons u inligting mag insamel en gebruik vir doeleindes van u lidmaatskap en die funksionering van die Genootskap. Ons gebruik u inligting om met u in aanraking te bly en om die prosessering van enige bestellings of dienste te vergemaklik. Van tyd tot tyd mag ons u ook van addisionele inligting oor ons produkte en/of dienste voorsien.

Gevalle waar ons u persoonlike inligting mag bekendmaak, sluit in:

  • ter nakoming van 'n hofbevel of regsproses (bv. vir die uitreik van 'n hofbevel of dagvaarding);

  • ter nakoming van 'n instruksie deur 'n regstoepassings-instansie; of

  • ter ondersteuning van 'n terugbetalingseis van ons bankiers t.o.v. u betaling vir ons dienste of goedere.

U persoonlike inligting word nie uitgeruil, verhuur of aan iemand anders verkoop nie.

Neem asseblief kennis dat ander webblaaie wat van ons webblad opgeroep kan word, ook persoonlike inligting oor u mag insamel. Die wyses waarop genoemde eksterne webblaaie u inligting versamel of daarmee mag handel dryf, word nie deur hierdie onderneming van eGGSA gedek nie.

Die eGGSA se Beleid oor die Beskerming van Privaatheid en Inligting is daargestel om ons ernstige verbintenis aan die beskerming van u inligting en privaatheid te bevestig. Kontak ons gerus as u enige verdere inligting benodig oor die gebruik van u persoonlike inligting.

  • Hits: 8894