LW: Daar is 'n aantal vrylike beskikbare versamelings van Suid-Afrikaanse Boedellêers en/of sterfkennisse op die eGGSA webwerf (eGGSA
Document Library ) en op die FamilySearch webwerf (FamilySearch
South Africa ). So ver ons weet bevat die boedels in hierdie versamelings
nie alles in die oorspronklike lêer nie, maar die FamilySearch versameling blyk
tenminste die sterfekennis, testament en Likwidasierekening te bevat.
Ons kan foto's van dokumente vanaf die
Suid-Afrikaanse Argiewe in Natal (Kwazulu-Natal) by Pietermaritzburg (NAB)
en Durban (TBD), Vrystaat (Oranje Vrystaat) in Bloemfontein (VAB) en
Transvaal (Gauteng) in Pretoria (TAB) verkry.
Die verwysings en besonderhede soos voorsien in
die
NAAIRS aanlyn indeks MOET voorsien word.
LW :
Ons kan NIE afskrifte vanaf die Kaapstadse Argiewe (KAB), wat meganiese
kopieëring, van dokumente in hulle beheer, deurmiddel van enige instrument
verban het, verkry nie. Hulle lewer blykbaar 'n eie kopieërdiens.
Ons kan ook nie dokumente van enige ander
Suid-Afrikaanse Argief verkry nie.
Hierdie diens is vir enigeen beskikbaar. Lede van
die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (alle huidige
lede van eGGSA is lede van dié Genootskap) sal egter
'n 50% korting ontvang .
Aangesien daar nie voor die tyd bepaal kan word
hoeveel bladsye gefotografeer gaan word nie sal die finale bedrag wat u vir die
fotos moet betaal eers aan die einde van die proses vasgestel kan word en
betaling vir die fotos eers versoek word nadat die bladsye afgeneem is.
Vir meer inligting oor die pryse en die voorwaardes
betrokke by die diens, lees asseblief:
Argiewe Dokumente Hulp en Voorwaardes
Betaling kan d.m.v.
PayPal of
Bankoordrag geskied.
NB. Vir bestellings vanaf 4 Oktober 2015 geplaas is ons pryse soos hieronder:
eGGSA / GGSA lede
Nie-lede.
R 25 of $ 2 (USD) hanteerkoste vir elke
10 lêers of deel daarvan in die bestelling, plus
R 50 of $ 4 (USD) hanteerkoste vir elke 10 lêers of deel
daarvan in die bestelling, plus
R 12 of $1 (USD) vir die eerste bladsy van 'n dokument se
foto
R 24 of $2 (USD) vir die eerste bladsy van 'n dokument se
foto
R 6 of $0.50 (USD) vir elke dokument
bladsy se foto daarna
R 12 of $1 (USD) vir elke dokument bladsy se foto daarna
Klik asseblief op die toepaslike knoppie:
(woorde in blou is 'n skakel na meer inliging)