Skip to main content

Oor Ons

eGSSA, gestig in 2004, is die virtuele tak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika, en bied 'n virtuele tuiste vir almal van die beginner tot die mees gevorderde familiehistorikus.

Hier kan jy besonderhede van ons Bestuurspan vind, met kontakvorms, Jaarverslae en ander besonderhede.

  • Hits: 2260

Die eGGSA Gedragskode

As lid van eGGSA sal ek
  • 1. te alle tye met integriteit optree;
  • 2. die nodige erkenning verleen aan die intellektuele eiendom van andere;
  • 3. die privaatheid van andere respekteer;
  • 4. die vertroulikheid van informasie handhaaf;
  • 5. volle verantwoordelikheid aanvaar vir enige genealogiese navorsing vir myself of andere;
  • 6. nie persoonlike voordeel nastreef ten nadeel van die Genootskap nie en sal altyd poog om die Genootskap se beeld te bevorder;
  • 7. my nie aan enige diskrimenrende praktyke tydens genealogiese aktiwiteite skuldig maak nie;
  • 8. openbare begrip vir genealogie en die voordele daarvan bevorder.
  • Hits: 6776

Beleid oor die Beskerming van Privaatheid en Inligting

Die eGGSA respekteer die wette oor die beskerming van private inligting in daardie lande waar sodanige wetgewing bestaan.

Ten einde die bekerming van u persoonlike inligting te verseker, volg ons sekere prosedures m.b.t. die berging en beskikbaarstelling van inligting wat u aan ons gee en ons tref alle redelike voorsorgmaatreëls om die ongemagtigde bekendmaking van u inligitng te verhoed.

Die inligting wat u aan ons verskaf word as vertroulik beskou en ons sal dit slegs gebruik m.b.t. u lidmaatskap van eGGSA en Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika(GGSA). Ons samel genoemde inligting slegs in waar u sodanige inligting verskaf, soos bv. waar u 'n produk van ons aankoop. Hierdie inligting mag u naam, van, adres, telefoonnommer, eposadres en u belangstellingsvelde in spesifieke goedere, produkte of vanne insluit. Indien u deur PayPal betaal vir enige van ons dienste of produkte, word u kredietkaartbesonderhede nie aan ons bekendgemaak nie aangesien dit deur Paypal enkodeer word met 'n hoë enkripsie koderingstelsel.

Deur by eGGSA aan te sluit, verleen u u toestemming dat ons u inligting mag insamel en gebruik vir doeleindes van u lidmaatskap en die funksionering van die Genootskap. Ons gebruik u inligting om met u in aanraking te bly en om die prosessering van enige bestellings of dienste te vergemaklik. Van tyd tot tyd mag ons u ook van addisionele inligting oor ons produkte en/of dienste voorsien.

Gevalle waar ons u persoonlike inligting mag bekendmaak, sluit in:

  • ter nakoming van 'n hofbevel of regsproses (bv. vir die uitreik van 'n hofbevel of dagvaarding);

  • ter nakoming van 'n instruksie deur 'n regstoepassings-instansie; of

  • ter ondersteuning van 'n terugbetalingseis van ons bankiers t.o.v. u betaling vir ons dienste of goedere.

U persoonlike inligting word nie uitgeruil, verhuur of aan iemand anders verkoop nie.

Neem asseblief kennis dat ander webblaaie wat van ons webblad opgeroep kan word, ook persoonlike inligting oor u mag insamel. Die wyses waarop genoemde eksterne webblaaie u inligting versamel of daarmee mag handel dryf, word nie deur hierdie onderneming van eGGSA gedek nie.

Die eGGSA se Beleid oor die Beskerming van Privaatheid en Inligting is daargestel om ons ernstige verbintenis aan die beskerming van u inligting en privaatheid te bevestig. Kontak ons gerus as u enige verdere inligting benodig oor die gebruik van u persoonlike inligting.

  • Hits: 8893

eGGSA Jaarverslagte

{component index.php?option=com_edocman&view=category&id=1&Itemid=125&lang=en}

  • Hits: 3525

eGGSA Projekte

Titel:  Die eGGSA Passasierslys Projek
Projekleier:  Richard Wolfaardt
Status:  Begin 2011 - Steeds in proses
Web skakel:  The eGGSA Passenger List Project
Die projek se hoofdoel is om alle passasierslyste wat by die Suid Afrikaanse Argiewe geberg word en wat die Argivarisse vir ons kan vind, te transkribeer en in ‘n soekbare databasis aan te bied.

Titel:  Suid Afrikaanse Getranskribeerde Rekords
Projekleier:  Richard Ball - Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.  and Corney Keller
Status:  Begin Januarie 2012 
Web skakel:  South African Records Transcribed
Die getranskribeerde rekords bevat die vroeër argivale rekords aangaande Suid Afrika (hoofsaaklik die Kaap van Goede Hoop) in die laat 17de en vroeë 18de eeue.

Titel:  Suid Afrikaanse Koerant Uitreksels
Projekleier:  Sue Mackay - Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.
Status:  Voortgaande
Web skakel:  South African Newspaper Extracts
Die versameling uittreksels van die Suid Afrikaanse koerante is deur Sue Mackay begin. Sedert die aanvang van die projek het ‘n aantal ander persone, wat ook toegang tot die oorspronklike koerante het en ook tot transkribsies wat op verskeie ander Suid Afrikaanse poslyste verskyn het, goedgunstiglik aangebied om dit tot die databasis by te voeg.

Titel:  Die 1820 Setlaar Korrespondensie
Projekleier:  Sue Mackay - Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.
Status:  Voortgaande
Web skakel:  The 1820 Settler Correspondence
Die korrespondensie betreffende die 1820 Kaapse Setlaarskema word deur die Nasionale Argiewe te Kew van die Verenigde Koningkryk bewaar en onderhou in Klas C048. Sue Mackay het die informasie wat met die projek ‘n verband het bygevoeg.

Titel:  Doop, Huwelik en Begrafnis soekbare databasis
Projekleier:  Richard Ball - Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.
Status:  Voortgaande
Web skakel:  The eGGSA BDM project
Ons is stadig maar seker besig om ‘n hoeveelheid kerk registeres te transkribeer en op die databasis by te voeg.

Titel:  Grafsteen foto en inskripsie projek
Projekleier: Riana du Toit
Status:  Voortgaande
Web skakel:  Gravestone project
Die doel van die projek is om digitale fotos van graftene op die eGGSA webwerf bekikbaar te stel. Die fotos van die grafsteenskrifte word deur vrywilligers geneem en is beskikbaar in ‘n ten volle soekbare databasis wat vir beide eGGSA lede en nie-lede toeganklik is.
Die projek is in 2006 begin en het ‘n reuse hupstoot gekry deur die skenking van nagenoeg 25 000 fotos deur Kobus Snyman. Daar is tans nagenoeg 400 000 fotos in hierdie versameling.

Titel:  Poskaarte
Projekleier:  Daan Botes
Status:  Voortgaande
Web skakel:  Postcard Collection
Fotos van poskaarte wat deur verskeie mense beskikbaar gestel is.

Titel:  Familie Bybel Register projek
Projekleier:  Richard Ball - Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.
Status:  Voortgaande
Web skakel:  Bible inscriptions
Die doel van die Bybel projek is om fotos van familieregisters wat in Bybels opgeteken is in ‘n soekbare fomaat op die eGGSA webwerf te plaas, waar tersake transkripsies ook bygevoeg sal word.

Titel:  Argief Dokument Foto Diens
Projekleier:  Richard Ball - Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.
Status:  Voortgaande
Web skakel:  Archives Document Photograph Collection
Die eGGSA se dokument fotograferingsdiens stel beide eGGSA lede en nie-lede instaat om digitale fotos van dokument, gehou by argiewe in Suid Afrika, te bekom, dit sluit boedel lêers, sowel as etlike ander dokumente in. Sulke dokumente kan deur ons dokument fotograferingsdiens bestel word. Hierdie digitale fotos - meestal sterfkennisse (SK’s) en ander boedel dokumente word dan later op die eGGSA se webwerf geplaas, ge-etikeer en ge-indekseer. Die fotobasis is ten volle soekbaar en toeganklik vir die algemene publiek. Teen April 2012 was daar reeds 20 000 fotos van sulke argief dokumente beskikbaar

Titel:  Cambridge krematorium (Oos-London) transkrpsie projek
Projekleier:  Brian Barrett - Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk.
Status:  Voortgaande
Web skakel:  East London, Cambridge Crematorium
Die Cambridge krematorium in Oos London het aan ons toestemming gegee om die 13 registers wat kremasies oor die periode van 1959 -1996 insluit, te fotografeer en transkribeer. Die projek leier - Brian Barrett - het die fotos wat hy reeds van die herdenkings plaatjies geneem het, goedgunstiglik ook aan eGGSA beskikbaar gestel en is besig om die registers te transkribeer. Die getranskribeerde registers sal aan die fotos wat reeds by eGGSA se soekbare biblioteek beskikbaar is, gekoppel word.

  • Hits: 8741

Meer Artikels …