Die Geskiedenis van die Volstuisbedryf: Die goue era
Volstruise is reeds in Antieke Egipte en onder die Romeine hoog geag.
Volstruise het ‘n lang geskiedenis in die Klein Karoo. Dit is bekend dat die San al vir honderde jare volstruise gejag het vir hulle vleis, die eiers gebruik het as ‘n voedselbron en die leë eierdoppe gebruik het as houers, veral vir die bêre van water.
Dit is ook bekend dat die Zoeloes volstruise gejag het en veral hulle vere kultureel gebruik het.
As gevolg van die jag op hierdie gesogte voëls het volstruise hulle gevestig in die droë geharde Karoo. Die gevolg was dat volstruise skaarser geraak het en die prys van vere het gestyg. 1821 voer Kaap die Goeie Hoop 1230 kg vere uit teen huidige randwaarde ongeveer R17 300 en 1858 voer hulle 915 kg uit teen waarde ongeveer R25 300, 100% styging in prys.
Presies wanneer die volstruisboerdery in Oudshoorn begin het is nie seker nie. Niemand het hulle aan die paar vlugvoetige voëls wat in die area rongeswerf het gesteur nie. Inteendeel, hulle was byna reeds uitgeroei en boere het hulle sommer vinnig geskiet aangesien hulle maar gevaarlik was, veral in die broeiseisoen. Europa het verseker nie geweet van volstruise wat wild in hierdie distrik rondhardloop nie en die boere in Oudtshoorn-distrik het verseker ook nie geweet dat mense in Europa pronk met vere van volstruise op hulle koppe nie.
Die begin van die Volstruisboerdery in Oudsthoorn
Armaans Potgieter (Hermanus Lambertus Potgieter): Sue van Waard, wat die stories van die Karoo opteken, beskryf in haar boek : “Paleise van die Pluime” die verhaal van Armaans Potgieter.
1845, 3 jaar voor Oudtshoorn se ontstaan: Armaans was ‘n touleier vir die togryer Jacobus Ernst Kotze (Koos). Koos Kotze het tog gery met sy eie plaasprodukte wat ‘n hele konvooi waens gevul het. 1945 was Armaans weer touleier voor een van die spanne osse op een van die togte Kaapstad toe om hulle produkte te gaan verkoop. Hulle het uitgespan in Swellendam omgewing om die diere te laat rus. Armaans, ‘n baie goeie skut, skiet ‘n bokkie vir ete en sommer so in die loop‘n paar wilde volstruise ook. Hulle vere is vir hom mooi en hy pluk van hulle stertvere en vlerkvere en gaan sit dit by die bondeltjie gansvere en hoendervere wat hy saamneem in die hoop om dit aan ‘n smous in Kaapstad te verkoop. Daar gekom was die smous baie gretig om die vere te koop en vertel volstruisvere was ‘n gesogte modebykomstigheid in veral Europa. Opgewonde het die Joodse handelaar vir Armaans gesê: “Miester Pokkieter, djoe kan ‘n hiele plaas koep met die struisvogels se vedderen.” Volstruisvere het toe reeds ongelooflike hoë pryse behaal. Armaans , die brandarm touleier, se droom was om ‘n eie plaas te besit en hy het dadelik sy nuwe rykdom gebruik om ‘n plaas te gaan pag, die plaas Rietfontein. Die eerste plaas ter wêreld gekoop vir ‘n handvol vere.
Boere in die distrik sien die potensiaal van volstruise in en begin teen 1850’s reeds boer met volstruise in groot omheinde kampe en die makmaak van broeipare. Teen 1860 was daar reeds ‘n paar aktiewe volstruisboere in Oudtshoorn-distrik. Dit was maar ‘n hoë risiko boerdery want klimaat het ‘n groot rol gespeel, siekte, beserings en roofdiere het gelei tot groot verliese. Die vrektes onder kuikens was baie hoog want vostruiskuikens is baie pieperig en eiers natuurlik gesog. In 1869 ontwerp Arthur Douglas, vanaf die Oos-Kaap, ‘n eierbroeikas wat ‘n totale omwenteling veroorsaak want verliese is nou baie minder en produksie verhoog.
1865 – 1866 begin die ergste droogte, vir 16 maande val daar geen druppel reën nie. Mens en dier sterf van die hongerte. Kos kan nie na die distrik gebring word nie want daar is geen water of weiding vir trekdiere op die pad nie. Toe die droogte in 1869 uiteindelik gebreek word, kom die groot vloed en oorstromings wat die Grobbelaarsrivier en ander riviere se lope heeltemal verander het. Die smal riviere met diep poele se rivierbeddings verander na breë kaal beddings van klip en sand 50-75m breed, waaruit vinnige verdamping plaasvind. Die bome, riete en bosse op die walle is heeltemal ontwortel en weggespoel en laat kaal rivierbanke.
Die Magistraat van Oudtshoorn, Mnr Scholtz, voer lusernsaad in en plant eksperimenteel ‘n klein lappie lusern. Die volstruise floreer hierop en baie boere volg sy voorbeeld. Broeivoëls vemeeder van 80 in 1865 tot 20 000 in 1875. Die volstruisbedryf groei.
Twee bloeitydperke
Eerste bloeitydperk 1875 – 1880
Die volstruisbedryf bloei en lewer ‘n groot bydrae aan die ekonomie. Die boere laat vaar hulle tradisionele boer met graanprodukte. Oudsthoorn groei en raak welvarend, alles te danke aan die groei van die volstruisbedryf.
Die eerste val begin ongeveer 1882, maar het nie lank geduur nie. Oorproduksie veroorsaak ‘n val in pryse. ‘n Lang droogte en groot oorstromings in 1885 toe die droogte gebreek word laat baie boere val.
Tweede Bloeitydperk 1900 – 1914
Die volstruisbedryf bloei gou weer op, selfs deur die tyd van die ABO. Saam met goud, diamante en wol lewer die volsruisboerdery (witgoud) ‘n groot bydrae aan die ekonomie van die land. Rekordpryse en rekordverkope lei tot die opkoms van veerbaronne.
Die verepaleise word gebou, weelderige spoggerige huise wat getuig van welvaart. Die eerste verepaleis, Pinehurst, word deur George Edmeads gebou in 1901 en die huis is vandag ‘n Nasionale gedenkwaardigheid.
1911 steek probleme weer kop uit , weereens agv van oorproduksie en nou ook kompetisie in die mark, veral vanaf Kalifornië. Die Suid-Afrikaanse boere kry gou ‘n oplossing deur die beste vere in die mark in te stoot, die dubbel-pluim vere van die Barbary volstruis. 1911 gee Genl Louis Botha, Eerste minister en Minister van Landbou, opdrag aan Mnr Thornton van die proefplaas te Landbouskool Grootfontein, Middelburg, om volstruise met hierdie besonderse veerpatroon te gaan soek in Noord-Afrika. Die reis het as die volstruis-ekspedisie bekend gestaan. Die soektog het ‘n jaar geneem om te voltooi en hy keer terug na Grootfontein met 150 volstruise wat hy in die suidelike Saharawoestyb bekom het. Hiermee behaal hul groot sukses, die hoogste pryse ooit word behaal.
1913 bereik die volstruisbedryf ‘n hoogtepunt. Ongekende welvaart.
Die Groot val
1914 val die veremark met rampspoedige gevolge. Een dag nog ‘n miloenêr, die volgende dag brandarm.
Die koms van die motorkar kry die grootste skuld hiervoor want modebewuste Europa wat vere as versierings, veral op hoede, gebruik het vind nou dat dit erg lastig is in ‘n motorkar. Volstruisve raak nou onpopulêr.
WW1 (1914-1918) dra ook by tot die val van die veremark.
Duisende voëls word geslag vir hulle velle. Broeivoëls raak nou weer skaars. Die plaaslike ekonomie stort inmekaar en die boere val weer terug na tradisionele graanverbouing.
1918 was daar slegs 314 000 volstruise oor, 1930 slegs 32 000 en teen 1940 was daar net 2000 volstruise oor in die Oudtshoorndistrik.
Jode 1881 - 1890
‘n Groot Joodse gemeenskap , meeste afkomstig uit Lithuania het ‘n groot rol gespeel in die bemarking van volstruisvere. 1886 het 250 Jode hulle kom vestig in die Oudtshoorn area .
Baie van hulle het met ‘n sak oor die skouer van plaas tot plaas geloop en vere gekoop (Sakkiejode). Hulle het gou Afrikaans leer praat alhoewel die voertaal op die dorp Engels was. Daar was altyd ‘n besondere band tusse die Jood en Afrikaner, albei was diep godsdienstig (Boerejode). Later het hulle gesmous deur met perdekarretjies van plaas tot plaas te ry.
Perdekarretjies was gelaai met huishoudelike produkte wat hulle aan die boere verkoop en verruil het. Op die dorp het hulle handelaars en winkeliers geword en hotelle opgerig. Professionele beroepe soos dokters, tandartste en prokureurs het spoedig gevolg. Hulle rykdom het toegeneem en hulle het pronkerige verepaleise gebou om in te woon.
Baie van die Jode was aktiewe volsstruisboere, ander verehandelaars en ander weer veresorteerders.
Die ineenstorting van die veremark en die Tweede Wêreldoorlog was ‘n groot terugslag vir die Jode, die Joodse gemeenskap het verarm en meeste het na stede toe verhuis.
Volstruiskoning Max Rose
Max Rose is een van die bekendste Joodse volstruisbore en word beskou as die Volstruiskoning van SA. Sy ouers het in ‘n ghetto in Rusland gewoon. Op 17-jarige ouderdom stuur sy ouers hom en sy 4 jonger broers en 3 jonger susters SA toe in die hoop vir ‘n beter lewe. Hy begin ook sy loopbaan met ‘n sak oor sy skouer om vere van plaas tot plaas aan te koop, later begin hy ‘n klein winkeltjie saam met ‘n mede-Jood. Max begin so een vir een volstruise aankoop wat hy op ‘n stukkie gehuurde grond laat wei. Sestien jaar later koop hy sy eerste plaas en begin die plaas ontwikkel, hy was die eerste boer in hierdie area wat besproeiingsboerdery toegepas het. Hy doen deeglike navorsing oor elke aspek van die volstruisbedryf en word onkenbaar suksesvol. Max word binne twee dekades die rykste van die ryk volstruisboere, ‘n kenner van die volstruisvoël, maar erken ronduit dat hy die “goed nie kan verdra nie.”
Die boere het hom vertrou want hy was onkreukbaar eerlik en vrygewig. Hulle het hom ‘n Boerejood genoem.
Alhoewel Max skatryk was, het hy eenvoudig geleef. Hy het nooit vir hom een van die weelderige verepaleise laat bou nie , maar sy lewe lank in ‘n kamertjie in die Central Hotel gewoon.
Toe die veremark val en hy self alles verloor het, het hy gesweer dat hy weer sal opstaan en die boere sal help. Max het begin deur hulle lusern op te koop wat hy dan weer verkoop het. Hierdie lusern het hy dwarsoor SA weer verkoop en sodoende baie boere gered van hongersnood.
Huidig
Na WWII het daar weer ‘n stadige opkoms in die bedryf gekom. Volstruise begin weer bemark word vir hulle velle, vere en veral vir hulle vleis agv die lae vetinhoud daarvan. Elke deel van die volstruis word huidig benut. Toerisme bring ook weer ‘n inkomste met volstruisplase wat skouplase word soos Safari en Highgate. Die eerste skouplaas is in 1930 geopen. Teen 1980 was daar weer ongeveer 100 000 voëls in Oudtshoorn.
Volstruisprodukte word tans weer uitgevoer.
Bronnelys
-
Foster’s Manor. Wikipedia
-
Geskiedenis van Oudtshoorn. Oudtshoorn info
-
Paleise van die Pluime, Sue van Waart
- Hits: 17