Skip to main content

Die Groenkloof-Rabies: Vyf Reise

Die boek handel hoofsaaklik oor die gebeure in die lewens van 'n moeder en haar nege kinders teen die einde van die 1800's en die begin van die 1900's. Ma Hester is die aanvanklike spilpunt op die plaas Groenkoof in die Vrystaat vanwaar hulle dan elkeen op hulle eie lewensreis vertrek - Reis Vyf van die verhaal. Om die finale reis egter beter te verstaan gee die skrywer 'n historiese perspektief oor Reis Een tot Reis Vier.

  • Reis Een: Leipzig na Drakenstein.
  • Reis Twee: Drakenstein na Breede-vallei
  • Reis Drie: Breede-vallei na Kambedoo
  • Reis Vier: Kambedoo oor Tugela na Trans-Oranje
  • Reis Vyf: Vanaf Groenkloof in alle rigtings

Hierdie verhaal is eerstens bedoel vir die Rabie-familie van Suid-Afrika. Dit is hulle eie verhaal. Aangetroudes en persone wat 'n soort gelyke geskiedenis deel sal byval vind by die boek.

'n Pragtige vertelling met familie foto's, afdrukke van persoonlike briewe en geskiedkundige plekke.

Uitgegee: 2017

Beskikbaar in Afrikaans

Slegs in hardekopie bevat 296 bladsye

PRYS R430.00 (Posgeld ingesluit)

AFLEWERING SLEGS IN SUID-AFRIKA

Pioneer Families

  • Hits: 15