Skip to main content

News Item

Drakenstein / Paarl NGK dope 1746 tot 1755

VC 645Die dope is deur Corney Keller gestransribeer vanaf die fotos van die Kaapse Agriewe VC 645. Hierdie is ‘n stel foto kopieë van die oorspronklike register wat in die 1980’s, vir die Wetenskaplike Navorsinging Raad (WNNR) gemaak is. Kopieë was aan die Suid Afrikaanse Argiewe gegee en ‘n kopie het gegaan aan die Kaapse Argief en een aan die Pretoria Argief ( waar dit deel uitmaak van die FC reeks). Die oorspronklike register word tans in die Nederduits Gereformeerde Kerkargief, Noordwal-Wes, Stelenbosch as G3 3/2 bewaar. Die dope is by ons eGGSA BDM databasies bygevoeg.

Ons innigste dank aan Corney Keller vir die transribering en die NG Kerkargief vir die bewaring en instadhouding van die rekords.

  • Hits: 5747

Grafstene het nou hul eie webwerf!

Die versameling grafstene het so gegroei dat dit meer gerieflik geword het om hulle up hul eie webwerf te huisves. Die grafte kan gevind word by http://www.graves-at-eggsa.org/

Skakels wat u gestoor het sal nog reg by die graf of begraafplaas uitkom, maar as u gestoorde skakels na die nuwe vorm wil verander, sal u dit maklik vind om hulle in lyn te bring. Die vorige adres sou gelees het 

http://www.eggsa.org/library/main.php?g2_itemId=2898227    teenoor die nuwe adres wat lees
http://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=2898227

Al wat u moet doen is om die       eggsa.org/library     met        graves-at-eggsa.org       te vervang.

  • Hits: 5120

2018 Algemene Jaarvergadering gesluit

Ons virtuele vergadering is nou gesluit. Baie dankie aan almal vir u deelname en ondersteuning.

Alle lede was uitgenooi om aan die vergadering deel te neem. Soos verduidelik in die e-pos gedateer xx Januarie 2018, het ons aanvaar dat die lede van wie ons nié gehoor het nie, tevrede is met beide die nominasies en die 2017 Jaarverslag.

Teenwoordigheid by die Vergadering
Lede wat eGGSA gekies het as hul primêre tak was geregtig om aan die AJV deel te neem. Ons e-pos stelsel het rekord gehou van die aantal e-poste wat uitgestuur, onafgelewer, aangestuur en onoopgemaak was. As virtuele tak gebruik ons hierdie getalle om die kworum te bepaal.

Die 2018-Bestuur bly dus onveranderd aangesien geen verdere nominasies ontvang was vir die bestuursposte nie. Bestaande nominasies was ook nie betwis nie.

Bestuurslede
Alta Griffiths - Voorsitter
Daan Hamman - Onder-Voorsitter
Carol Beneke - Tesourier
Lynn Couperthwaite - Lidmaatskapdienste, -kommunikasie en Bemarking
Richard Ball - Webmeester
Judi Meyer - Redakteur genesis

Addisionele lede
Annelie Els - Stamouers
Corney Keller - Nederlandse Transkripsies
Daan Botes - Poskaarte
Riana le Roux - Begraafplaasprojek

Baie geluk aan die bestuurspan, en dankie dat julle weer bereid is om nog ‘n jaar op die bestuur te dien. eGGSA Annual Report 2017, tesame met die finansiële state, sal aan Nasionaal gestuur word.

  • Hits: 3192