eGGSA eGSSA

 Articles Artikels

Genealogiese Bronne Uit Die Kompanjiestydperk In Die Kaapse Argiefbewaarplek

deur C.G. de Wet

in: Familia, Vol.8, no.1, 1971, bladsy 16-20

Om genealogiese en biografiese besonderhede uit die tydperk van die Verenigde Oos- Indie se Kompanjie se bewind aan die Kaap te bekom is in die meeste gevalle 'n moeisame en tydrowende taak. Daarom is dit noodsaaklik dat die navorser vertroud sal wees met die bronne en 'n redelik goeie idee sal hê in watter dokumentereekse moontlik inligting opgesluit sal wees. Die doel van hierdie artikel is om to probeer aan- dui waar genealogiese inligting in die verskillende argiefgroepe uit die Kompanjiesperiode wat in die Kaapse Argiefbewaarplek gehuisves word, aangetref kan word.

Aan die einde van die artikel verskyn 'n volledige lys van die bronne wat geraadpleeg kan word. Hier word volstaan met 'n kort bespreking van die belangrikste dokumente- reekse binne elkc argiefgroep.

I. Die Argief van die Sekretaris van die Politieke Raad (verwysingsnommer: C)

Die resolusies van die politieke raad is die belangrikste reeks in hierdie groep. Sake soos die bevordering van amptenare, uitreiking van grond- en vrybriewe, en die verlening van toestemming om die Kaap te mag verlaat, kom daarin voor. Die resolusies van die tydperk 1651-1723 is gepubliseer in die reeks Suitl-Afrikaanse Argiefstukke, Kaap nrs. 1-6 (deel 7 sal hopelik nog hierdie jaar verskyn). Hierdie reeks publikasies is voorsien van 'n volledige register, wat navorsing natuurlik vergemaklik. Die kladnotule dien as aanvullende bron by die resolusies en bevat dikwels inligting wat nie in die reslusies self voorkom nic. veral ten opsigte van die uitreiking van vrybriewe en bevorderings en salarisverhogings wat aan amptenare toegestaan is.

Die dagregister is ook 'n belangrike bron, hoewel dit tydrowend kan wees om inligting daarin te vind. Die tydperk van Van Riebeeck se bewind (1652-1662) is deur die Van Riebeeck-vereniging uitgegee en is ook van 'n register voorsien. 'n Ander baie belangrike bron van genealogiese inligting is die rekweste. Dit bevat die versoekskrifte wat deur private persone en instances aan die politieke raad gerig is. Kort Engelse opsommings van hierdie versoekskrifte is gepubliseer in H.C.V. Leibbrandt se reeks Precis of the Archives (Requests and Memorials, A-O). Daarin is die versoekskrifte alfabetiese volgens die name van die indieners gerangskik, wat 'n baie groot hulp is. Die letters P-Z is nie gepubliseer nie, maar is in manuskripvorm in die Kaapse Argiefbewaarplek aanwesig (verwysings- nommers LM 15-17). Enkele ander belangrike reekse is die inkomende en uitgaande briewe, beedigde verklarings (attestatieen), pagvoorwaardes en die eedboek. In laasgenoemde verskyn die name van alle persone wat by die aanvaarding van een of ander amp die betrokke ampseed afgele het. Ons vind dus daarin die name en die datum van ampsaanvaarding van alle lede van die politieke raad, raad van justisie, huwelikshof, burgerraad en die heemrade, asook alle amptenare soos die fiskaal, sekretarisse van die politieke raad en die raad van justisie en die landdros.

2. Die Argief van die Sekretaris van die Raad van Justisie (verwysingsnommer: CJ)

Vir die genealoog is die belangrikste reeks in hierdie groep sekerlik die testamente. Dit bevat al die oorspronklike testamente wat voor die sekretarisse van die politieke raad en die raad van justisie opgestel is. 'n Kaartjie-indeks op hierdie reeks is in die ieeskamer voorhande. Ewe belangrik is die stukke met betrekking tot kriminele en siviele hofsake, soos bv. die hofverslae en -strukke, konfessies en vonnjsse. Notariele stukke, soos kontrakte en prokurasies, bevat ook heel- wat inligting van belang vir die genealoog. Ander reekse in hierdie groep wat spesiale vermelding verdien is die inkomende en uitgaande briewe, versoek- skrifte en vendurolle.

3. Argief van die Weesheer (verwysingsnommer MOOC)

In hierdie groep is verskeie belangrike reekse. Die reeks testamente bevat alle testa- mente wat na die dood van 'n persoon by die Meesterskantoor ingedien is. Op die meeste daarvan is die datum waarop dit ingedien is aangeteken. Fotostatiese kopiee van die indeks op hierdie reeks kan in die leeskamer geraapleeg word. Aansluitend hierby moet die boedelinventarisse (waarop 'n inventaris bestaan), boedelrekenings en bylaes by boedelrekenings geraadpleeg word, 'n Ander belangrike bron, die doodregister, begin ongelukkig eers in 1758. Die inkomende en uitgaande briewe en die vendurolle kan ook heelwat iniigtin oplewer.

4. Opgaafrolle (verwysingsnommer: J)

Dit is 'n baie belangrike groep wat 'n rykdom van inligting bevat, maar ongelukkig is dit baie onvolledig, veral wat die sewentiende eeu betref. Die opgaafrolle is jaarliks opgestel, en bevat benewens die name van die Kaapse vryburgers, ook 'n volledige opgawe van hulle besittings.

5. Woordelike Afskrifte (verwysingsnommer: VC)

Die belangrikste bande in hierdie groep is die monsterrolle van vryburgers en Kompanjiesamptenare aan die Kaap. Dit bevat die name van alle amptenare, asook die vryburgers en hulle vrouens wat die betrokke jaar aan die Kaap aan- wesig was. Band VC 39 bevat, benewens die monsterrolle vir die tydperk tot 1700, ook nog afskrifte van die vry- en grondbriewe wat gedurende die eerste jare aan die Kaap uitgereik is, en 'n naamlys van alle persone wat in die Fort oorlede is van 1655 tot 1670. Band VC 56 bevat weer 'n alfabetiese naamlys van alle persone wat van 1718 to 1791 hulle vrybriewe van die Kamer Zeeland ontvang het.

6. Landdrosargiewe

Slegs drie landdrosargiewe bevat dokumente wat in die Kompanjiestydperk ont- staan het, t.w. Stellenbosch (verwysingsnommer Stb), Swellendam (verwysings- nommer SWM) en Graaff-Reinet (verwysingsnommer GR).

Van bogenoemde drie het die Stellenbosch-argief die grootste dokumenteneerslag. Vir die navorser wat in die genealogie belangstel, is veral die testamente van belang. 'n Kaartjie-indeks op hierdie testamente kan in die leeskamer geraad- pleeg word. Hierdie reeks bevat die testamente wat voor die sekretaris van die landdros opgestel is. Onder die regstukke verdien die volgende vermelding: verklarings, dagvaardings en lykskouings. Onder die militere stukke is van be- belang die monsterrolle, naamlyste van persone wat op veldtogte uitgegaan het en lyste van seinposte en die persone wat dit beman het. In die burgerlike verklarings word die name gevind van alle persone aan wie toestemming ver- leen is om na 'n ander distrik te verhuis. Laastens kan melding gemaak word van die burger-vrybricwe (1742-1783). naamlyste van seuns wat in die kerke van Drakenstein en Swartland gedoop is, met die name van hulle vaders (1768- 1776). naamlyste van burgers wat agterstallig is met die betaling van belastings, en die notariele stukkc, soos kontrakte, obligasies en prokurasies. In die Swellendam- en Graaff-Reinet-argiewe is slegs enkele bande, wat in die lys hieronder aangedui word, van belang.

BRONNELYS

1. Argief van die Sekretaris van die Politieke Raad

C 1-112 Resolution, 1651-1795

C 113-119 Klad Notulen, 1717-1795

C 120-222 Bylagen, 1716-1795

C 223-290 Requesten en Nomination. 1715-1791

C 326-408 Attestation. 1652-1791

C 409-90 Inkomende Brieven, 1649-1784

C 492-573 Uitgaande Brieven, 1652-1795

C 583-649 Dagregister, 1652-1794

C 670-677 Pacht Condition. 1687-1794

C 678-679 Bed Boek. 1692-1793

C 728 Diverse Vrijbrieven en Billiettcn

C 747 Compagnies Dienaaren. 1783-1789

C 806 Rang Lijsten, 1786, 1793

C 807 Naamlijst van zodanige onbekende vrijlieden als bij 't vrijboek der Europeaansche ingezeetenen alhier continueeren . . .

2. Argief van die Sekretaris van die Raad van Justisie

CJ 1-9 Kriminele en Siviele Regsrolle, 1652-1727

CJ 10-77 Kriminele Regsrolle. 1728-1795

CJ 282-58 Kriminele Prosesstukke, 1672-1795

CJ 780-797 Kriminele Vonnisse, 1652-1798

CJ 822-896 Siviele Regsroile, 1728-1795

CJ 1022-2021 Siviele Prosesstukke, 1708-1795

CJ 2485-2492 Inkomende Briewe, 1729-1795

CJ 2506-2539 Rekweste, 1716-1795

CJ 2569-2579 Uitgaande Briewe. 1720-1795

CJ 2597-2648 Testamente en Kodisille. 1691-1793

CJ 2649-2685 Testamente en Kodisillc, 1686-1793

CJ 2686-2748 Prokurasies, 1702-1795

CJ 2750-2824 Prokurasies, 1686-1793

CJ 2825-2861 Soldy Prokurasies, 1778-1793

CJ 2870-2913 Kontrakte, 1692-1790

CJ 2914-2948 Vendurolle. 1688-1794

CJ 2952-2954 Konfessies en Interrogatories, 1652-1685

CJ 3023-3072 Gemengde Notariele Stukke. 1686-1793

CJ 3074-3127 Gemengde Notariele Stukke. 1715-1792

3. Die Argief van die Weesheer

MOOC 3/3-18 Inkomende Briewe. 1690-1797

MOOC 4/1-9 Uitgaande Briewe, 1691-1798

MOOC 6/1 Dood Register. 1758-1797

MOOC 7/1/1-40 Testamente, 1689-1796

MOOC 7/136 Losse Testamente, 1678-1799

MOOC 8/1-21 Inventarisse. 1673-1797

MOOC 8/49-51 Inventarisse en Taksasies, 1780-1796

MOOC 8/76 Indeks op Inventarisse

MOOC 8/77 Indeks op Inventarisse van Getakseerde Boedels

MOOC 10/1-17 Vendurolle, 1691-1797

MOOC 12/1-8 Bewyse, 1731-1798

MOOC 13/1/1-20 Boedelrekenings, 1700-1795

MOOC 14/1-85 Bylaes by Boedelrekenings, 1700-1795

MOOC 14/195-201 Bylaes by Ontbrekende Boedelrekenings, 1683-1796

MOOC 14/212-215 Fragmentariese Boedelpapiere, 1674-1799

MOOC 14/232 Dagboek G. Lotter. Silwersmid, 1791-1795

MOOC 18/1-4 Joernaal Kaapse Wese. 1698, 1718, 1719, 1727

4. Opgaafrolle

J 82A-85 Opgaafrolle, Graaff-Reinet, 1787-1794

J 153-193 Opgaafrolle, Stellenbosch, 1692, 1716-1795

J 290 Opgaafrolle, Swellendam, 1762-1765

5. Woordelike Afskrifte

VC 39 Monsterrolle, 1655-1700, ens.

VC 40-48 Monsterrolle, Kompanjiesamptenare, 1701-1789

VC 49-55 Monstenolle, Vryburgers, 1702-1774

VC 56 Alfabetiese Lys van Persone aan wie Vrybriewe uitgereik is deur die Kamer Zeeland, 1718-1791

VC 103 Monsterrol. 1705

VC 162 Aantekeninge betreffende verskillende Amptenare aan die Kaap, ongeveer 1790

6. Stellenbosch-argief

Stb 1/1-21 Notule vanLanddrost en Heemrade, 1691-1795

Stb 3/8-13 Verklarings in Kriminele Sake, 1702-1796

Stb 6/1 Siviele Prosesstukke, 1748-1800

Stb 6/5-7 Dagvaardings, 1747-1799

Stb 8/1 Skouaktes en Lykskouings, 1731-1799

Stb 12/82-83 Lyste van Skape-, Beeste-, Leeu- en Tiergelde verskuldig, 1710-1798

Stb 12/84 Lyste van Skape- en Beestegelde verskuldig, 1748-1788

Stb 13/1-11 Notule van Krygsraad, 1688-1798

Stb 13/1 6-20 Siviele Rolle van Krygsraad, 1724-1782

Stb 13/21-27 Generale Monsterrolle, 1700-1794

Stb 13/3 1 Alfabetiese Naamlyste van Persone wat op Veldtogte uitgegaan het, 1736-1744

Stb 13/33-34 Naamlyste van Diensdoende en Afgeskrewe Burgers 1776-1805

Stb 13/35-37 Verklarings van Mediese Praktisyns en Burgers oor Onbekwaamheid tot Militêre Diens. 1760-1794

Stb 13/38 Seinposte en Seinmanne. 1776-1795

Stb 15/1 Burger-vrybriewe, 1742-1783

Stb 15/2-5 Burgerlike Attestatiën. 1688-1798

Stb 17/3 Lystc van Kinders gedoop, 1768-1776

Stb 18/1-20 Testamente. 1687-1798

Stb 18/30-35 Inventarisse. 1687-1804

Stb 18/40-48 Kontrakte. 1689-1793

Stb 18/60-71 Obligasies 1687-1793

Stb 18/104-115 Prokurasies, 1703-1798

Stb 18/152-165 Notariële Verklarings

Stb 19/130-134 Generale Paaie en Weërolle. 1708-1799

7. Swellendam-argief

SWM 1/1-3 Notule van Landdros en Heemrade, 1747-1798

SWM 3/10-17 Algemene Verklarings, 1746-1795

SWM 7/7-10 Dagvaardings, 1746-1795

8. Graaff-Reinet-argief

GR 1/1 Notule, 1786-1795

 


tuisblad | voordele | inhoud | sluit aan | privaatheidsbeleid | gedragskode | meer oor ons | skakels

home | benefits | contents | join | privacy policy | code of conduct | about us | links