Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

eGGSA tak
 
  Algemene Jaarvergadering van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika
Port Elizabeth Women’s Club, Summer Strand, 25 Februarie 2006
 
    

NOORD-TRANSVAALTAK

VOORSITTERSVERSLAG 2005

 

1. Bestuurskomitee

 

Voorsitter : Thys van Wyk

Vise-Voorsitter, Tessourier & Redakteur van Nuusbrief : Joubert Botha

Sekretaris : Margaret Lodder

Navorsing en Opleiding : Ellen Harmse

Tegnologie : Gert Kok

 

2. Ledesake

 

Die totale lidmaatskap se volopbetaalde lede is 130 lede waarvan ook by die elektroniese tak van die GGSA aangesluit het. Die Navorsings- en Opleidingsbeampte maak kontak met nuwe lede en verskaf aan hulle die beginnerskursus vir Genealogie. Die lede is besonder beïndruk met die hulpmiddel.

 

3. Nuusbriewe

 

10 Nuusbriewe is gedurende die jaar uitgereik, die resultaat van die ywer en entoesiasme van die redakteur Joubert Botha. Van ons lede het dan ook groot waardering hiervoor uitgespreek. Ons lede maak gereeld bydraes in Afrikaans of in Engels, ‘n woord van dank aan elk van hulle. Heelwat lede ontvang die Nuusbrief via e.pos en die ander per gewone pos. Kopieë word ook aan ander takbesture dmv eloktroniese media gestuur.

 

4. Byeenkomste

 

Temas en sprekers vir die vergaderings is beplan en ‘n agenda van elke vergadering is bespreek en deur die komitee uitgevoer.

Al die vergaderings is in die kunsgalery by Voortrekkermonument gehou, behalwe vir die besoek aan die Argiewe by UNISA.

Deur gereeld met die personeel van die Monument gesprek te voer oor die behoeftes en benodigdhede het ons vergaderings besonder glad verloop.

Veral ‘n woord van dank aan die personeellid wat ons na elke vergadering met verversings voorsien het.

Die volgende byeenkomste is gehou:

4.1 Werkwinkel-gebruik gevallestudies onder leiding van Isabel Groesbeek

4.2 Heraldiek met spesiale verwysing na familiewapens – Fred G. Brownell

4.3 Familiegeskiedenis Navorsing van UK families – Dan Mac Arthur.

4.4 Geskiedenis van Pretoria met verwysing na sy argitektuur en argitekte- Ria Groenewald UP

4.5 Navorsingsondervinding- interaktiewe Werkwinkel- Ellen Harmse

4.6 Besoek aan UNISA argief en biblioteek- Marie Coetzee UNISA, bygestaan deur Isabel Groesbeek

4.7 Bewaring van hulpbronne soos dokumente en kunswerke – Sandra Markgraaf

4.8 Aspekte van tegnologie van belang vir Genealogiese navorsing, internet webwerwe, gesprekgroepe –

Gert Kok en Paul Maré.

4.9 Erfenis Albums – Rowena Jordaan

 

5. Teenwoordigheid by takbyeenkomste

 

Die gemiddelde teenwoordigheid by die 10 takvergaderings wat deur die jaar gehou was 45 persone (lede en besoekers)

 

6. Bestuursvergaderings

 

6.1 Nege takbestuursvergaderings is gehou.

6.2 Woon AJV in Kaapstad by saam met die twee afgevaardigdes Isabel Groesbeek en Joubert Botha.

Groot waardering vir die geleentheid om die funksies en werking van die nasionale liggaam mee te

maak.

 

7. Takbiblioteek

 

7.1 Weens ‘n goeie samewerking met die Voortrekkermonument bestuur is die biblioteek by die VTM voor Noord Transvaal GGSA tak maandvergadering vir ongeveer 2uur oop.

7.2 ‘n Verteenwoordiger van die tak is dan ook aan diens.

7.3 Daar is deur die jaar gereeld boeke aangekoop en boekskenkings ontvang.

 

8. Van Wijck/Wyk – projek

 

8.1 Verdere redigering word deur Isabel Groesbeek hanteer en bygewerk. Ons as tak kan net met groot waardering kennis neem van haar besondere toewyding aan die enorme taak.

8.2 Soos verneem sal die vrystelling van die hersiene uitgawe in ‘n 2de CD tydens die AJV te PE beskikbaar gestel word.

 

9. Skakeling en bemarking

 

9.1 Rika Lubbe het vir ons ‘n wonderlike voorbeeld gestel met haar taak en ons wil vir haar baie dankie sê vir die harde werk wat sy gedoen het. Sy het in koerante die Takvergaderings geadverteer. Sy het ook die banier laat maak met die tak se naam wat met publieke aktiwiteite gebruik kan word. Addisionele bemarking is by die Antieke mark by VTM in 2005 gehou op 21 Mrt(Rika Lubbe) 16 Junie (Isabel Groesbeek) en 24 Sept (Daan Hamman) Jammer dat Rika weens omstandighede dit nie kon volhou nie. Aan Margaret Lodder wat ons sedert September kon uithelp. Dit is slegs ‘n tydelike reëling tot dieTak Komitee in 2006 aangestel sal word,groot waardering en baie dankie.

Verdere bemarking is gedoen deur Isabel Groesbeek in haar hoedanigheid as Vise President en skakelbeampte. Haar aktiwiteite sluit in radio onderhoude op RSG asook ‘n werkswinkel wat sy in 2005 te Aardklop Potchefstroom aangebied het.

9.2 Plakkate en inligtingspamflette is by plaaslike biblioteke en by die Nasionale Argief.

 

10. Navorsing en Opleiding

 

10.1 Die taak is aan Ellen Harmse gegee en die van u wat as nuwe lede bygekom het asook van ons ouer lede sal kan getuig wat ‘n groot verskil daardie opleidingsstiffie aan genealogiese navorsing gemaak het . Haar entoesiasme en werksgees is vir ons as bestuur self ‘n inspirasie.

10.2 Die werkswinkeldag was ook ‘n groot sukses as gevolg van haar goeie beplanning.

 

11. Begraafplaasprojek

 

11.1 Die projek het aan die begin baie mooi begin. Ons lede was ook bedrywig met die opdatering van die graftes. Maar ons het nie na wense gevorder nie. Daar word dringend na lede gesoek wat die projek by die horings sal kan pak en daarmee kan loop. Van ons lede het ook reeds met digitale kameras fotos geneem en dit dan op die rekenaars afgelaai.

 

12. Finansies

 

12.1 Die tak se finansiële stand is gesond. Die tesourier sal sy verslag voorlê.

 

13. Algemeen

 

13.1 Die takvergaderings word gekenmerk deur gemoedelike en gesellige atmosfeer. Die lede gebruik ook die geleentheid om wenke en inligting uit te ruil.

13.2 Sertifikaat vir toekenning deur die tak vir die beste artikel in Familia 2004 is tydens die GGSA Jaarfunksie te Kaapstad deur die Nasionale President oorhandig.

 

14. Bedankings

 

Ek wil graag die volgende persone opreg bedank:

14.1 Mede bestuurslede vir hulle besondere lojaliteit, uiterse harde werk en vele opofferings reg deur die jaar. Dit was ‘n voorreg om met so ‘n span as Voorsitter te kon saamwerk.

14.2 Besondere woord van dank aan Joubert Botha en Margaret Lodder wat my besonder goed ondersteun het veral toe ek nog baie rou in die pos was. Hulle lojaliteit en pro-aktiewe optrede en samewerking word baie waardeer.

14.3 Die lede van die tak vir hulle betrokkenheid ter bevordering van Genealogie veral tydens oop dae soos by Glenfair Sentrum en VTM

14.4 Anna Martin met die versorging van boeke in die tak biblioteek.

14.5 Daan Hamman vir sy hantering van produkverkope

 

15. Aanbevelings

 

Voorstelle word ingewag vir die viering van die 40 jarige verjaarsdag van GGSA Noordtransvaal Tak.

 

Thys van Wyk

Voorsitter GGSA Noord Transvaaltak

Februarie 2006

 


home | benefits | contents | join | privacy policy | code of conduct | about us | links