Switch to English
Switch to English

Die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika

eGGSA tak

 

Argief Dokumente Fotobestelvorm Hulpblad

 


Hoe bestel ek die fotos?

Gaan asseblief na ons eWinkel hier ...

Voor u by die bestelvorm uitkom, sal u 'n paar vrae moet beantwoord.

Lees eers, asseblief, die notas hieronder.


Terme en Voorwaardes

1. Hierdie diens is aan almal beskikbaar.

2. Lede van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (alle huidige lede van eGGSA is lede van dié Genootskap) sal egter 'n 50% korting ontvang.

3. Die dokumentfotos moet vanaf die e-Winkel bestel word.

4. Kopiereg: Daar bestaan nie kopiereg op die fotos nie. Die aankoper het `n nie-ekslusiewe reg, en mag die fotos gebruik en versprei vir watter doel ookal.

5. eGGSA mag die fotos in sy argiewe besikbaar stel om te help met die beskerming van die oorspronklike dokumente.

6. eGGSA mag sommige van die fotos beskikbaar stel op die webwerf, en bundels van die fotos te koop aanbied.

7. Ons soek nie na dokumente nie.

8. Ons kan nie die genealogiese waarde van enige dokument bepaal nie.

9. Ons kan nie deur dokumente lees om te bepaal of dit sekere inligting bevat of nie.

10. If you specify that only certain types of documents be photographed, and no such documents exist in the specified file, you will still be charged for this item as though one photograph had been taken, since much time will have been taken up ordering, finding and examining the file for the documents you have specified.

11. Ons verskaf nie verwysings na of aanbevelings oor beroepsgenealoë nie.

Betaling:

Betaling mag deur PayPal of Bankwisseling van 'n Suid-Afrikaanse bankrekening gemaak word.
Internationale betalings moet deur PayPal gemaak word.

Let asseblief op die volgende

Deur die jare het die dokument verwysings by die argiewe verander. Indien die verwysing nie van die naairs aanlynindeks kom nie, moet u die bron daarvan invul.

Wees aub versigtig vir dokument met  baie bladsye. MOIB (Insolvent liquidation) kan honderde papiere insluit, die meeste van hulle ou rekenings, CSC (Court cases), DOC (Mortgage bonds) asook partykeers Liquidation and Distribution accounts. Kyk asseblief die inligting oor die gebruik van die Nota blok op die fotobestelvorm.


Die koste word so bereken:

 

 eGGSA / GGSA lede  Nie-lede.
R32 of $2 (USD) hanteerkoste vir elke 10 lêers of deel daarvan in die bestelling, plus  R64 of $4 (USD) hanteerkoste vir elke 10 lêers of deel daarvan in die bestelling, plus
  R16 of $1 (USD) vir die eerste bladsy van 'n dokument se foto   R32 of $2 (USD) vir die eerste bladsy van 'n dokument se foto
  R 8 of $0.50 (USD) vir elke dokument bladsy se foto daarna   R16 of $1 (USD) vir elke dokument bladsy se foto daarna

Aansien daar nie voor die tyd bepaal kan word hoeveel dokumente afgeneem gaan word nie sal die betaling vir die fotos eers versoek word nadat die bladsye afgeneem is.

Betaling mag deur PayPal of Bankwisseling van 'n Suid-Afrikaanse bankrekening gemaak word.
Internationale betalings moet deur PayPal gemaak word.

NB. Daar is verskeie leers wat 'n baie groot aantal bladsye kan bevat en u koste mag onverwag groot wees. Kyk asseblief hier: Estate Files en ander dokumente met baie bladsye.

NNB: dokumente van die Pietermaritzburg Meesterskantoor, (soos op ons lys hier) - Let asseblief daarop dat 'n fooi van R8.00 ($1.00 USD) per dokument sal wees. Die rede hiervoor is dat die Meesters Kantoor, nou 'n koste hef, vir elke fotokopie wat hulle maak.


Wie kan bestel.

Hierdie diens is aan almal beskikbaar. Lede van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (alle huidige lede van eGGSA is lede van dié Genootskap) sal egter 'n 50% korting ontvang.

Die dokumentfotos moet vanaf die e-Winkel bestel word.


 

Inligting benodig op die bestelvorm

Die diens is ontwerp vir die bestel van dokumente wat by die aalyn indeks van NAAIRS van die Suid-Afrikaanse Argiewe Dienste beskikbaar is.

Om `n foto afskrif van `n dokument te bestel word die volgende inligting benodig

Source (bron), volume, reference (verwysing) en description (beskrywing) velde soos dit op die NAAIRS 'result details' (resultaat besonderhede) bladsy vertoon

Skryf die aangevraagde inligting in die 'Document Reference' (dokument verwysing) sel.

Byvoorbeeld, as die NAAIRS indeks die volgende inligting gee:
DEPOTTAB
SOURCEMHG
TYPE LEER
VOLUME_NO 0
SYSTEM01
REFERENCE 2295/40
PART1
DESCRIPTION SMITH, JANETHA HENDRINA. BORN KOK.
STARTING 1940
ENDING 1940

Vul die inligting van die dokument foto versoek as volg in:

Qty 1
DepotTAB
Document ReferenceMHG 2295/40
(van Source, Volume_no (as daar een is, selfs as dit 0 is) en Reference opgestel)
Document Description: SMITH, JANETHA HENDRINA. BORN KOK.

Hierdie beeldskermfoto van die Result Summary by NAAIRS mag miskien die verskil tussen geen volume no, 'n volume no van 0, en 'n meer ingewikkelde volume no meer duideliker maak:

 

BELANGRIK. Die Nota blok is daar vir enige aantekening oor die dokument, maar veral in die geval van Boedel lêers waar daar meer as een dokument beskikbaar mag wees. In die Kaapse Argief (KAB) verskyn 'Estate File' in die NAAIRS beskrywing, by die Pretoria (TAB) en Bloemfontein (VAB) is dit die 'MHG' lêers en by die Pietermaritzburg (NAB) is dit die 'MSCE' lêers.

Kyk ook aub die nota oor ander tiepe dokumente met baie bladsye.

In die geval van boedels moet daar `n aanduiding gemaak word van wat afgeneem moet word.

Hier is `n voorbeeld:

Neem asseblief af : sterfkennis en die volgende:

testament – inventarislys – likwidasie en distribusie rekening –

verklaring van begunstigde met ontvangs van erfporsie –

huweliksertifikaat – doodsertifikaat, ens.

The above listing is given as an example only and applies to Estate Files only. There are many other types of files listed in the NAAIRS index of which we have no knowledge nor what types of documents they may contain.

If you do so specify, and none of the specified documents are found in the specified file so that no photographs result, you will still be charged as if on photograph had been taken, to compensate the photographer for the time spent in this process.

Baie lêers bevat net die dokument wat in die aalyn-NAAIRS index verskyn, soos byvoorbeeld die sterfkennis. Ander mag weer die hele lys onder bevat :-

1. Sterfkennis: bevat gewoonlik die geboorteplek, ouers se name, ouderdom, gade se naam, sterfdatum en plek, kinders. Een of meer bladsye. Waarskynlik die belangrikste dokument vir genealogie in suid-afrika.

2. Testament: mag die ouers se name bevat, die name van die kinders en besittings. Gewoonlik 'n aantal bladsye.

3. Inventarislys: lys van die besittings van die afgestorwe opgestel na die dood. Kan baie bladsye bevat.

4. Vendusielys: lys van die besittings van afgestorwe wat op `n vendusie verkoop is. Kan baie bladsye bevat.

5. Likwidasie en distrubisielys: Bevat `n lys van die bates en skuld van die boedel, die name van die ergename, bevat dalk ook die name van die eggenotes van dogters wat in gemeenskap van goedere getroud is. Gewoonlik 'n aatal bladsye.

6. Waardasie sertifikaat: `n eiensdomswaardeerder het dalk `n betrokke eiendom gewaardeer en die dokument by die meester van die hooggeregshof ingedien.

7. Verklaring van begunstigde met ontvangs van erfporsie :- die verklaring bevat partykeer die adres van die begunstigde wat dalk van die ouers sn verskil.

8. Huwelikssertifikaat

9. Huwelikswoorwaarde kontrak: opgestel deur egpaar wat buite gemeenskap trou.

10. Doodsertifikaat afskrif , uitgereik deur binnelandse sake, mag oorsaak van dood bevat.

11. Geboortesertifikaat afskrifte

12. Doopsëels of sertifikate

13. Eiendomsverbande

14. Koerant advertensie van boedel

15. Belangrike correspondensie. Baie van die briewe in die lêer mag van geen waarde wees maar bevat partykeer inligting oor die erfporsies van minderjarige kinders. Mag ook inligting bevat oor die erfporsies jare na die dood van die persoon, veral in die geval waar daar nie `n testament was nie.

Aangesien u gaan betaal vir elke bladsy wat gefotografeer word is dit belangrik om duidelike instruksies te gee oor wat afgeneem moet word.


By watter argiewe kan die afskrifte bekom word?

Huidiglik word daar net fotos by die onderstaande argiewe afgeneem:

Bloemfontein (VAB) - vir die vorige Oranjevrystaat.

Durban (TBD)

Pietermaritzburg (NAB) - vir die vorige Natal.

Pretoria (TAB) - vir die vorige Transvaal en die hele Suid-Afrika vandag.

Die afkortings in hakkies is die identifikasiekode van die bewaarplek soos gebruik in die NAAIRS aanlyn-indeks.

NB. Die Kaapse Argiefbewaarplek het die gebruik van kameras verban. Ons verstaan dat hulle nou hulle eie diens vir afdrukke aanbied. Ons kan dus geen bestellings vir KAB dokumente aanvaar nie.


 

Wie gaan die fotos neem?

eGSSA het met vier genealoë ( wat ook bedrewe fotograwe is) onderhandelings aangegaan om die fotos in die argiewe van die Bloemfontein, Pietermaritzburg en Pretoria te neem.




Wat gebeur nadat my bestelling geplaas is

1. Die bestelling sal via die eGGSA webwerf ontvang word.

2. Kontak sal per e-pos gemaak word indien daar aanvullende inligting benodig word.

3. Die fotograwe sal die argiewe besoek en die fotos neem.

4. Die rekening sal bereken word volgens die aantal fotos geneem en aan u gepos word. In this connection please see condition number 10 in our Terms and Conditions above.

5. Sodra die rekening vereffen is sal die fotos beskikbaar gestel word vir u om af te laai.
.




Hoe lank neem dit voor ek die fotos ontvang?

Hierdie diens word deur die fotograafe in hul eie tyd gedoen. Wat hulle daarvoor ontvang is bedoel om hulle onkoste te dek.

As u probleme of vrae het sal Richard Ball <richard@eggsa.org> probeer help.

Hierdie is werklik 'n voortreflike diens maar nie 'n kitsdiens nie. As dit u nie geval nie, moet u asseblief een van die professionele navorsers in Suid-Afrika gebruik.


Kommentaar deur Verbruikers:

Billike pryse. Maklik om te gebruik. Vriendelike diens. Kwaliteit van fotos goed vir die doel. Christo.

Selfs vir my wat relatief naby aan die KAB woon is dit meer effektief om julle diens te gebruik, dan praat ek nie eens van die argiewe wat in ander provinsies gelee is nie. Garrett de Villiers, Kaap.

Ek het al 2 keer daarvan gebruik gemaak - altwee keer by die VAB. Die
gehalte van die foto's is goed en soos bestel. Jos Le Roux, Canada.



tuisblad | voordele | inhoud | sluit aan | privaatheidsbeleid | gedragskode | meer oor ons | skakels